-
Internasionale Dag vir die Bewaring van die Osoonlaag (2023):Die osoonlaag, ‘n brose skild van gas, beskerm die Aarde teen die skadelike gedeelte van sonstrale en help sodoende om lewe op ons planeet te bewaar.Die uitfasering van beheerde gebruike van osoonafbrekende stowwe en die verwante verlagings het nie net gehelp om die osoonlaag vir hierdie en toekomstige geslagte te beskerm nie, maar het ook aansienlik bygedra tot wêreldwye pogings om klimaatsverandering aan te spreek.Verder het dit menslike gesondheid en ekosisteme beskerm deur die skadelike ultravioletstraling te beperk om die Aarde te bereik.Vanjaar word die Internasionale Dag vir die Bewaring van die Osoonlaag op 16 September gehou onder die tema, Montreal-protokol: herstel van die osoonlaag en vermindering van klimaatsverandering. Kyk gerus na ’n video daaroor HIER: https://bit.ly/465BN1j.
-
Dewald Hoffmann van ons Groenspan was so gaaf om vir ons ‘n opsomming van die afgelope COP26-byeenkoms te maak. Dit het vanaf 31 Oktober tot 11 November in Glasgow plaasgevind en was ’n poging om in meer konkrete terme ’n aksieplan teen klimaatsverandering en ekologiese verweer van ons planeet vas te lê. Hier kan ons kortliks sien wat die klimaatooreenkomsbesluite alles behels, wat die goeie uitkomstes van die konferensie was en wat die negatiewe punte daarvan is. Kyk gerus na hierdie video en beïndruk die mense om die vleisbraaivure die naweek met jou ekologiekennis.
- Tans is wêreld leiers besig om te besin oor die toekoms van ons planeet. Die COP26 byeenkoms wat in Glasgow plaasvind van 31Okt – 11Nov is ‘n poging deur lande om in meer konkrete terme ‘n aksieplan teen klimaatsverandering en ekologiese verweer vas te lê. Maar wat kan elkeen van ons doen in ons eie gemeenskappe? Hier is ‘n paar idees!
- “Risiko sal aanhou toeneem.” So sê professor Francois Engelbrecht tydens ‘n eksklusiewe onderhoud wat Forbes Africa met hom gevoer het oor die nuwe Intergovernmental Panel on Climate Change (IPCC) -verslag en hoe dit Suidelike-Afrika raak. Die IPCC verteenwoordig die somtotaal van globale kennis rakende klimaatsverandering en die verslag is as ‘n ‘kode rooi’ vir die mensdom beskryf. Professor Engelbrecht is een van Suid-Afrika se vooraanstaande klimatoloë en hoofskrywer oor die verslag van die kollektiewe besluite wat nodig is om die krisis te bekamp. Lees die onderhoud HIER.
- Die COP26-byeenkoms is van lewensbelang: Die afgelope tyd is daar baie nuus oor die Congress of the Parties of kortweg COP se 26ste byeenkoms. Dit vind vanjaar plaas vanaf 31 Oktober tot 12 November in Glasgow, Brittanje. Baie mense is van mening dat hierdie een van die belangrikste byeenkomste ooit ten opsigte van ons geveg teen klimaatsverandering kan wees. Dit sal ook een van die laaste geleenthede wees wat die mensdom nog het om konkrete stappe te neem om aardverwarming drasties te help verminder. Maar wat is COP? Kyk na die video hieroor by https://bit.ly/3AOSD3L
- Hopenlik gaan die politieke en ekonomiese leiers van die wêreld, wat vanaf 31 Oktober tot 12 November 2021 in Glasgow vir die 26ste Conference of the Parties (COP) vergader, hulle ernstig aan die jongste Intergovernmental Panel on Climate Change (IPCC)-verslag steur. Mag hulle tog doen wat nodig is om die mens van sy dwaasheid te red – dat ons eiehandig sorg dat lewe soos ons dit vandag ken (ons eie inkluis) uiteindelik nie meer op aarde moontlik sal wees nie. Ons is heel waarskynlik die laaste geslag wat nog iets daaraan kan doen om die verwarming van die aarde se atmosfeer tot ‘n leefbare vlak in te kort. Kom ons doen alles wat ons kan – met blydskap. Lees meer HIER