• Beplan ’n meer eko-vriendelike klerekas. Augustus is Vrouemaand en bied aan ons as vroue ’n gulde geleentheid om ’n lewensveranderende impak op ons samelewing en veral ons huishoudings te maak. As navolgers van Christus is dit belangrik om oral waar moontlik die gesindheid van ’n eko-vriendelike lewenswyse prakties uit te leef. As vroue is ons dikwels nie net die beplanner en aankoper van ons eie klerekas nie, maar ook dié van ons gesin. Hierdie week fokus ons op die verantwoordelike aankoop van nuwe klere. Voordat jy weer klerewinkels toe gaan, vra jouself die volgende af: Sal ek hierdie kledingstuk meer as dertig keer dra? Kan ek dalk soortgelyke klere by ’n goeie tweedehandse winkel koop? (Leerprodukte en jeans is byvoorbeeld goeie keuses.) Lees meer hier

 

  • VROUEMAAND: Super-ma’s is nie perfek nie. “Ouers, veral die ma’s, is onder soveel druk om alles perfek te doen, maar dis onmoontlik. Vroue voel maklik hulle misluk in hul poging om ekologies volhoubaar hul baba groot te maak,” sê Marizanne Pfeil-Wessels, lid van ons Groenspan en predikant van die NG Kerk De Aar. Sy stel egter voor dat jy klein kan begin deur eers net op een volhoubare aspek te fokus. Lees meer daaroor HIER