• LUISTER – SAAM – FLOREER:Dewald Hoffmann, leier van Getuienisaksie se Ekologie Projekspan, nooi alle individue, kerkleiers en gemeentes namens hul Groenspan uit om vanjaar betrokke te raak by ons wêreldwye omgewingskrisis. Hulle droom is om dit vir ons almal makliker bereikbaar te help maak en vanuit ‘n Bybelse perspektief hierin leiding te gee, so kyk gerus na hierdie video en hou dié spasie dop!
  • Hoe word ek GROEN? Het jy ’n passie om GROEN te leef, maar jy weet nie hoe en waar om te begin en betrokke te raak nie? Die GROENSPAN kan jou help. Daar is wêreldwyd verskeie aksies aan die gang wat poog om van ons planeet ’n groener plek te maak. Al voel dit vir jou asof jou klein byrae nie werklik enige verskil gaan maak nie, word die hele wêreld ’n beter plek sodra net een persoon begin om groener te begin leef. Gemeenskappe verander net omdat daar mense is wat leiding neem en influencers is. Jy doen dit nie net vir jouself nie, maar veral ook vir die volgende geslag. Kyk gerus na hierdie video met inligting: https://bit.ly/3co03By (Met dank aan Hanli Groenewald)
  • Dalk sê jy: “Die eko-probleem raak my nie …” Dink weer: Marizanne Pfeil-Wessels van die Hoop Geloofsgemeenskap (‘n inisiatief van die NG Kerk Helderberg, Somerset-Wes) was in ‘n 3de-jaarsklas oor ekologie-teologie toe sy bewus geword het van die enorme eko-probleem. Leef ons nog in ‘n ‘goeie skepping’ soos Genesis 1 die skepping beskryf? Beslis nie. Besoedeling en ons aandeel daaraan het alledaags geword. Jy kan egter ‘n verskil maak, al is dit ook al hoe klein. Raak bewus van hoe jy meer volhoubaar kan leef en bydra tot die oplossing. Begin sommer dadelik deur PLAASLIK te koop. Kom meer hieroor te wete by: https://youtu.be/4zfXmsxjTw8

 

  • Nog geen #GROEN Nuwejaarsvoornemens nie? Dis nooit te laat om nog groen nuwejaarsvoornemens te beplan nie. Hier is ‘n paar idees van ons GROEN SPAN se Rudolph Scharneck: koop vars produkte plaaslik – daarmee stimuleer jy nie net die plaaslike ekonomie nie, maar verminder ook sommer jou koolstofvoetspoor; #refuce, #reduce, #re_use, #recycle, rot (komposhoop toe!); drink meer water uit jou kraan en spaar water; plant ‘n (vrugte)boom; tel rommel op waar jy ookal gaan. Kortom – dink GROEN. Rudolph vertel in hierdie video meer: https://youtu.be/VjOrm2LEfwg

 

  • Een van ons Groenspanlede, Hanli Grové, dink vandeesweek diep oor waar en hoe ons op ons planet as enkeling ’n impak kan maak. Wat staan ons te doen as ons só deur die ekologiese uitdagings oorweldig word dat ons in moedeloosheid verval en dit ons totaal verlam. Hoe behoort ons hierdie berge van probleme aan te pak? lees gerus HIER meer.

 

  • Hier deel Dewald Hoffman van ons Groen Span ‘n baie eenvoudige, maar uiters belangrike, eko-wenk met ons. Ons gebruiksgewoontes plaas al hoe meer druk op die aarde, maar wat sal gebeur as ons dit begin verander? Die sisteem wat die mens vir homself geskep het, is dikwels ten koste van die mens self. Rus is ‘n sentrale konsep in die Bybel en selfs ‘n toppunt van God se skepping: https://youtu.be/p7_9v1JwI10

 

  • Doen wat saak maak – dis maklik! Moenie dat al die ekologie-probleme jou oorweldig nie – daar is goeie nuus! As ons ALMAL saamstaan, kan die hele wêreld ‘n beter plek word om in te woon. Baie dankie aan Rudolph Scharneck vir sy inspirerende bydrae oor wat gedoen kan word.
    • Kyk na ’n kort video daaroor HIER
    • Lees ’n artikel daaroor HIER
Verified by ExactMetrics