Gemeentegetuienis

Stephen Pedro, bestuurder van Getuienisaksie se Taakspan Gemeentegetuienis, laat weet: “Verlede week op Dinsdag 1 Desember, het van ons predikante in sinodale diens (PSD’s) via ‘n ZOOM-vergadering uitgereik na ons kerkleiers in twee van ons VGK-ringe in die Oos-Kaap, naamlik dié van Port Elizabeth en Uitenhage, wat swaar getref word deur die hernude verspreiding en […]

Lucky Kunene en sy vrou, Phumzile Volgens ds Louwrens van der Westhuizen, predikant van die VGK Makhathini, is Lucky Kunene ‘n antwoord op vele gebede. Daar is ‘n baie groot behoefte aan sterk leierskap in die kerk op die Makhathini-vlakte en hier is een van hul eie ‘kinders’ nou weer terug met die doel om […]

Die eerste zoom-vergadering van ds Stephen Pedro met die implementeerders van die KBL-program, di Moses Baartman en Babalwa Sifuba   Dit is met groot opgewondenheid dat ons bekend maak dat die Kontekstuele Bybellees-projek op 1 September amptelik afgeskop het. Die twee implementeerders, di Babalwa Sifuba en Moses Baartman het onmiddellik met hierdie reuse-uitdaging begin. Hulle […]

Op Donderdagaand 11 Junie is daar ‘n belangrike zoom-gesprek gehou oor wat dit beteken om missionaal kerk te wees binne veral VGK-gemeentes. Die gesprek is gefasiliteer deur Stephen Pedro (PSD Gemeentegetuienis). Hul gasspreker, prof. Tjeert de Boer, missioloog, akademikus en ook verbonde aan die Protestantse kerk in Nederland, se bydrae was van groot belang. De […]

Soos ons verlede week berig het, moet ongeveer 50% van ons VGK Streeksinode Kaapland-gemeentes sonder ‘n predikant funksioneer; ‘n reuse-uitdaging  vir enige gemeente. Van die 106 gemeentes in die Oos-Kaap is 76 sonder ‘n leraar; meer as 70%!  As dit nie was vir die gemeentes wat gekombineer het nie, was die totaal selfs meer. Binne […]

Die predikant met die masker op is ds Calvary van Mthatha en die ander een is ds Mountain van Canzibe.   Baie van ons VGK Streeksinode Kaapland-gemeentes moet sonder ‘n predikant funksioneer; iets wat vir die Sinode ‘n reuse-uitdaging is. Die gesamentlike VG- en NG Kerk-diensgroep, Getuienisaksie, het in die lig hiervan sedert 2018 saam […]

Ds Stephen Pedro, Predikant in Sinodale Diens (PSD) van die Taakspan Gemeentegetuienis was die afgelope naweek (14 tot 16 Februarie) op besoek aan die Ring van Graaff Reinet. Die besoek het ingesluit gesprekke met die twee voltydse leraars en ‘n werkswinkel met nege van die 13 ringsgemeentes. Hy vertel: “Die werkswinkel, wat deur ongeveer 80 […]

Getuienisaksie se Taakspan Gemeentegetuienis ondersteun graag VGK Kaapland-gemeentes wat proponente wil beroep. Ongeveer 50 persent van dié gemeentes is sonder leraars (vakant) en dit is dus dringend-noodsaaklik dat gemeentes alle ondersteuning moontlik in hierdie verband moet kry. Ds Stephen Pedro, PSD Gemeentegetuienis, is onlangs deur die VGK Villiersdorp versoek om leiding te kom help gee […]