Gemeentegetuienis

Die VGK finalejaar-teologiestudente met taakspanbestuurders Wat doen jy as jy as predikant in ‘n gemeente instap en binne enkele maande oorweldig begin voel deur al die uitdagings van jou gemeente en breër gemeenskap? Jy wens dalk daar was iemand wat jou kan leiding gee, bystaan en raad gee. Van sinodale kant af word daar gepoog […]

V.l.n.r.: dr Braam Hanekom (Publieke Getuienis), ds Godfrey Baartman (HUB), ds Lucas Plaatjie (senior administratiewe beampte), dr Daniël de Wet (Ekumeniese Vennootskappe in Afrika), me Carin Brink (Arbeidsbediening) en ds Stephen Pedro (Gemeentegetuienis)   “Die afgelope week het twee belangrike vergaderinge, waarvan Getuienisaksie deel was, plaasgevind”, sê ds Stephen Pedro, bestuurder van Getuienisaksie. Die taakspanbestuurders […]

Op Saterdag 9 Oktober is die jaarlikse Makhathini Vennootskapsvergadering weer eens by die NG Kerk Gemeente Hartenbos gehou. Dié vennootskap bestaan uit VGK- en NG Kerklidmate en -gemeentes wat die VGK-gemeente Makhathini in Noordoos-KwaZulu-Natal met gebed, uitreike en finansies ondersteun. In 1928 het eerw. Josua Joubert vanaf Mosambiek na Makhathini gekom. Hier het hy die […]

Isibindi Initiatives (https://isibindi.org.za/) wat in vennootskap met Echo Youth (https://www.echoyouth.co.za/) hier in die Wes-Kaap werk, bied ‘n tuiste vir jongmense in nood en is tans besig om drie van vier skeepsvraghouers in woonbare eenhede te omskep. Hulle is nog onseker oor presies waarvoor hulle dit gaan gebruik. Die twee grootste behoeftes op die oomblik bied […]

Die afgelope Maartmaand was ‘n baie bedrywige tyd vir PSD Stephen Pedro, bestuurder van Gemeentegetuienis. Hy het ‘n hele paar geloofsonderskeidende prossesses met gemeentes gefasiliteer wat werkswinkels en verkenningsgesprekke ingesluit het. Tydens hierdie gesprekke is gefokus op die missionale roeping en taak van die gemeentes, asook op hul vakante leraarsposte, en nog vele meer. Die […]

Die reeks meditasies vir die Week van Gebed 2021 is vanjaar voorberei deur dr Eddie Orsmond van Wellington. (Klik HIER om dit af te laai.) Die reeks besin vanuit die Skrif oor gebed in ons “binneste kamer” – die wesenlike fasette van ‘n seënryke gebedslewe. Dit is goed as individuele gelowiges, gemeentes in die NG […]