All posts by: Witness Ministry

About Witness Ministry

Soos ons oor die afgelope tyd in die nuus gehoor het, het die tropiese sikloon Freddy enorme skade en menseverlies in Malawi en Mosambiek veroorsaak.   Malawi Net in Malawi alleen is alreeds by die 200 mense dood en president Lazarus Chakwera het op Dinsdag ‘n noodtoestand in die suidelike gedeelte van Malawi afgekondig waar […]

“Ons het ‘n baie geseënde eenheidskonferensie gehad,” vertel ds Stephen Pedro, diensgroepkoördineerder van die eenheidsbediening, Getuienisaksie en medeverantwoordelik vir Gemeentebegeleiding. “Hierdie konferensie was ‘n uitvloeisel van verlede jaar se eenheidskonferensie wat Gemeentebegeleiding vir die ses verenigde ringe en gemeentes wat tans in eenheidsprosesse is, gefasiliteer het.” Na verlede jaar se eenheidskonferensie het ds Malcolm James […]

V.l.n.r.: Louise Koch (Sonstraal-gemeente), ds. Christi Thirion (Kenridge-gemeente), ds. Mzukisi Mtyana (VGK Zithulele) en ds. Wynand Breytenbach (Durbanville-gemeente)   Die Zithulele-vennootskap het onlangs die VGK Zithulele (in die voormalige Transkei) en hul nuwe predikant,ds Mzukisi Mtyana, gaan besoek. Alhoewel daar verskeie gemeentes aan die vennootskap behoort, het Durbanville-, Kenridge- en Sonstraal-gemeentes hierdie keer die vennootskap […]

Dit gaan goed met ons en ons medewerkers in Madagaskar. Die sikloon was toe gelukkig nie so erg soos voorspel nie, maar daar is ‘n paar mense dood in die vloede. Pastoor Jonoro en gesin is besig om na Antananarivo te verhuis. Dit gaan goed met hulle. Goeie nuus is dat die gemeente in Andakoro, […]

Dr Koos Greeff saam met die RITT-studente   Dr Koos Greeff, tentmaker-predikant, tans verbonde aan die NG Kerk Vredenburg, was in Februarie op besoek aan Kenia. Hy is deur dr Luka Ariko, die algemene sekretaris van ons susterkerk daar, die Reformed Church in East Africa (RCEA), uitgenooi om vir twee weke by hul seminarium in […]

Getuienisaksie is, in samewerking met ons susterskerk in Malawi, die Church of Central Africa Presbyterian (CCAP) se Nkhoma Sinode, besig om die plant van 1,000 bome in Malawi te ondersteun. Hennie Smit, vorige hoof van die Departement Omgewingsorg op Nkhoma wat in 2019 afgetree het, het alreeds in 1999 dié departement gestig met die doel om die […]