All posts by: Witness Ministry

About Witness Ministry

V.l.n.r.: Louise Koch (Sonstraal-gemeente), ds. Christi Thirion (Kenridge-gemeente), ds. Mzukisi Mtyana (VGK Zithulele) en ds. Wynand Breytenbach (Durbanville-gemeente)   Die Zithulele-vennootskap het onlangs die VGK Zithulele (in die voormalige Transkei) en hul nuwe predikant,ds Mzukisi Mtyana, gaan besoek. Alhoewel daar verskeie gemeentes aan die vennootskap behoort, het Durbanville-, Kenridge- en Sonstraal-gemeentes hierdie keer die vennootskap […]

Dit gaan goed met ons en ons medewerkers in Madagaskar. Die sikloon was toe gelukkig nie so erg soos voorspel nie, maar daar is ‘n paar mense dood in die vloede. Pastoor Jonoro en gesin is besig om na Antananarivo te verhuis. Dit gaan goed met hulle. Goeie nuus is dat die gemeente in Andakoro, […]

Dr Koos Greeff saam met die RITT-studente   Dr Koos Greeff, tentmaker-predikant, tans verbonde aan die NG Kerk Vredenburg, was in Februarie op besoek aan Kenia. Hy is deur dr Luka Ariko, die algemene sekretaris van ons susterkerk daar, die Reformed Church in East Africa (RCEA), uitgenooi om vir twee weke by hul seminarium in […]

Getuienisaksie is, in samewerking met ons susterskerk in Malawi, die Church of Central Africa Presbyterian (CCAP) se Nkhoma Sinode, besig om die plant van 1,000 bome in Malawi te ondersteun. Hennie Smit, vorige hoof van die Departement Omgewingsorg op Nkhoma wat in 2019 afgetree het, het alreeds in 1999 dié departement gestig met die doel om die […]

Soos julle teen hierdie tyd al weet, is Getuienisaksie se Taakspan Ekologie baie opgewonde oor die 1,000 Boom-projek van die CCAP Nkhoma Sinode wat reeds onder leiding van hul algemene sekretaris, ds Vasco Kachipapa van stapel gestuur is. Dewald Hoffmann, bestuurder van dié taakspan en Braam Hanekoom, PSD (predikant in sinodale diens) van die Taakspan […]