Mount Ayliff is ‘n klein dorpie geleë in die oostelike hoek van die ou Transkei, ongeveer 45km vanaf Kokstad. Die Xesibe-mense, een van die Xhosa-stamme, vestig hulself in daardie omgewing gedurende die 1800’s. Weens gedurige aanvalle van omliggende stamme, vra hulle beskerming van die Britse regering in die Kaap. Rondom 1880 word ‘n Engelse magistraat […]
