Ekologie

Nasionale Boomplantweek: Vanaf 1 tot 7 September vier ons Nasionale Boomplantweek. Ons Groenspan nooi alle gemeentes uit om deel van hierdie opwindende eko-projek te word. Ds Dewald Hoffman, taakspanbestuurder van ons Taakspan Ekologie (Die Groenspan) verduidelik: “Die doel van hierdie projek is dat jul gemeente self by die aanplant van bome betrokke raak in plaas […]

Kom ons vier Wêreld Herwinningdag 2024! Wêreld Herwinningdag word jaarliks op 18 Maart gevier. Dit is ‘n herwinningsinisiatief wat ons aanmoedig om met ander oë na ons rommel te kyk. Daar is verskeie maniere van herwinning wat dit moontlik maak dat sekere materiale herhaaldelik gebruik kan word. Herwinning baat ons almal asook ons omgewing omdat […]

Kom ons vier Aarde-uur! Vanjaar word Aarde-uur op 23 Maart 2024 vanaf 20:30 tot 21:30 gevier. Aarde-uur het in 2007 begin met die aanvanklike oproep om geen ligte vir ’n uur lank te gebruik nie. Dit het intussen uitgebrei na ook ander maniere om enige 60 minute gedurende dié dag op te offer en iets […]

Kom ons vier Aardedag. Nataniël sing in sy lied, “Sy’s al wat ons het” onder andere die volgende: Moeder aarde draai haar om Uit die son se ergste brand En sy droom van digte woude En haar oë waai vol sand Sy soek na haar kinders Maar hul dans nou met musiek Langs duisend vuil […]

Biddag vir Ekologie 2024. Hoe mense leef, het ʼn direkte impak op die skepping en wat met die skepping gebeur. Om hieroor na te dink word die eerste Sondag in Junie elke jaar as Biddag vir die Ekologie ingeruim. Vanjaar val dit op Sondag 2 Junie. Klik HIER  vir ‘n kindervriendelike voorstel met liturgie vir […]

Stortingsterrein dink GROEN Verbeel jou ’n welige groetetuin by ’n stortingsterrein … jy sien berge van plastiek, wapperende papiere en geroeste blikkies, maar aan die voet daarvan ’n groen oase van lewe en hoop. As dít jou nie opgewonde maak nie, gaan min dinge jou laat glimlag. Lees meer van Thabo Olivier, bekende stigter van […]

Plastiekvrye Julie: Vermy plastiekbekers/– koppies. Verlede week het ons julle van ons opwindende Plastiekvrye Julie-kompetisie vertel. (Lees HIER meer oor die kompetisie: https://bit.ly/3Lrz897) Jy staan ’n kans om ’n geskenkpak ter waarde van R3 000 te wen (indien jy aan al drie hierdie uitdagings deelneem) of geskenkpakke ter waarde van R500 vir elke individuele uitdaging […]

Getuienisaksie is, in samewerking met ons susterskerk in Malawi, die Church of Central Africa Presbyterian (CCAP) se Nkhoma Sinode, besig om die plant van 1,000 bome in Malawi te ondersteun. Hennie Smit, vorige hoof van die Departement Omgewingsorg op Nkhoma wat in 2019 afgetree het, het alreeds in 1999 dié departement gestig met die doel om die […]

Soos julle teen hierdie tyd al weet, is Getuienisaksie se Taakspan Ekologie baie opgewonde oor die 1,000 Boom-projek van die CCAP Nkhoma Sinode wat reeds onder leiding van hul algemene sekretaris, ds Vasco Kachipapa van stapel gestuur is. Dewald Hoffmann, bestuurder van dié taakspan en Braam Hanekoom, PSD (predikant in sinodale diens) van die Taakspan […]