Ekologie

Die kerk vier elke jaar wêreldwyd die Seisoen van Skepping. Dit is ’n ekumeniese beweging wat vanaf 1 September tot 4 Oktober plaasvind. In hierdie tyd kom gelowiges van regoor die wêreld bymekaar om God se wonderlike skepping te vier en word ons opnuut bewus van die gemeenskaplike ‘huis’ wat ons hier op aarde deel.  […]

In ons kort reeks oor ekoteoloë fokus ons hierdie slag op die ekofeminis, Sallie McFague. Sy is gebore op 25 Mei 1933 in Quincy in die deelstaat Massachusetts, Amerika. Sy begin haar akademiese loopbaan met ‘n BA in Engelse Letterkunde en voltooi haar PhD aan die bekende Yale Teologiese Skool in New Haven, Connecticut.  Sy […]

Met die afsterwe van prof Klaus Nürenberger op 27 Junie vanjaar het hierdie bydrae ook ‘n  groet– en dankwoord geword. Ek het die laaste paar weke aan hierdie bydrae gewerk en kon skryf asof hy steeds met ons is. Nou moet ek baie van die “is”-woorde in “was” verander. Sy lewe en werk (wat sy […]

Tydens somer is ons vol energie en het ons moed om heerlik kos te maak en te eksperimenteer. As die winter kom, wil ons egter so vinnig moontlik warm kos kry om weer terug onder die komberse in te klim. Dit is gewoonlik tydens winter wat ons dan die meeste wegneemetes of reeds gaargemaakte kos […]

Ons dink dikwels dat ons as individue geen verskil in hierdie wêreld kan maak nie, want die probleme is net eenvoudig te groot. Daar is so baie gemors in hierdie wêreld, so baie besoedeling en uitwissing van spesies. Die probleme lyk so oorweldigend dat ons maar eerder moed opgee en niks doen nie. Kan ons […]

Is daar enige verband tussen die oorlog van Rusland in Oekraïne en ons ekologiese uitdagings? Absoluut! Om die waarheid te sê daar is ‘n direkte verband tussen alle oorloë en ons ekologiese uitdagings. Ek baseer hierdie oortuiging op dit wat Walter Brueggemann oor Miga 4:1-5 sê.* Ek fokus hier op wat hy spesifiek sê oor […]

As jy weer jou blikkie kekeretjies oopmaak, behou gerus daardie kosbare vloeistof en maak jou eie vegan-mayo:   Jy benodig: 1/4 koppie aquafaba (die vloeistof/pekel in ‘n blikkie gaar kekerertjies) 1/4 teelepel gemaalde mosterd 1/4 teelepel seesout 1, 1/2 tl appelasyn 1-3 tl bruinrysstroop (of stevia na smaak, rietsuiker of esdoringstroop)  ¾ tot 1 koppie […]