All posts by: Witness Ministry

About Witness Ministry

In die jongste nuusbrief uit Madagaskar word daar onder andere vertel van die Toliara Bybelskool waarby Carel en Annetjie le Roux die afgelope 12 jaar betrokke is. Dit het uitgebrei en pastoor Jonoro het ‘n 6 maande opleidingsprogram vir inheemse sendelinge begin. Hulle is reeds in hulle vyfde week. Lees daaroor HIER en ontmoet sommer […]

Die Here het die Dowes van Afrika geseën en ’n uitkoms gegee aan hulle groot behoefte om ’n Bybel te kry wat hulle kan verstaan. Dit is ’n doeltreffende Bybel wat baie ander mense ook wil lees, en daar lê hope van hierdie Bybels by die Bybelgenootskap in die Kaap. Een van die Dowe pastore […]

Daar was verlede week ’n indringende gesprek oor evangelisasie by die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit op Wellington – iets wat vir Christene ‘n belangrike deel van ons daaglikse lewe behoort te wees. Die Simcha Bediening aan Jode is ’n jarelange evangelisasiebediening wat na individuele Jode in Kaapstad en omgewing uitreik. Simcha is betrokke by […]

Getuienisaksie se diensgroepkoördineerder, Stephen Pedro, open die vergadering met ‘Wandel in die Woord’.   Op Maandag 14 Februarie het die dagbestuur van Getuienisaksie in die Zikomo Vakansiewoonstelle in die Strand byeengekom vir hul eerste belangrike vergadering van die jaar. Dit is gedoen onder die bekwame voorsitterskap van Danie Möller. Die oggend is afgestaan aan ‘n […]

Msinga-gesprek by die NG Toringkerk Gemeente, Paarl: V.l.n.r.: Andrea Adams, Annalise Loubser, Lourens Schoeman, Nkazimulo Ngcobo, Rudolph Scharneck, Albert Myburgh, Jurgens Thiart, Jaco Goosen, Eddie Orsmond, Daniël de Wet en Jana van den Munckhof   Die Msinga Vennootskap bestaan al baie jare en is ‘n bediening van die VGK Msinga Gemeente in Ladysmith KwaZulu-Natal en […]

Ek hurk by die waterbak wat ons tussen die rose vir die voëls gesit het om dit skoon te maak. Ek voel hoe die irritasie in my opstoot: “Verdomde tarentale! Kan hulle nie op ‘n ander plek gaan skrop nie? Waarom moet hulle nou juis die molm wat ek om die rose gegooi het kom […]

Fourie Truter, Madri Bruwer en Daniël de Wet   Op Donderdag 20 Januarie was Daniël de Wet, Getuienisaksie se taakspanbestuurder: Ekumeniese Vennootskappe in Afrika op besoek aan Straatwerk in Parow waar hy die bestuurder, Fourie Truter asook Madri Bruwer wat by hul prostitusie-bediening betrokke is, ontmoet het. Straatwerk het in die laat 1960’s tot stand […]