All posts by: Witness Ministry

About Witness Ministry

Op Saterdag 9 Oktober is die jaarlikse Makhathini Vennootskapsvergadering weer eens by die NG Kerk Gemeente Hartenbos gehou. Dié vennootskap bestaan uit VGK- en NG Kerklidmate en -gemeentes wat die VGK-gemeente Makhathini in Noordoos-KwaZulu-Natal met gebed, uitreike en finansies ondersteun. In 1928 het eerw. Josua Joubert vanaf Mosambiek na Makhathini gekom. Hier het hy die […]

Die vertalingspan van links na regs: Alfonso Fabio Daimone, Bernardo Manuel Dinala, Gerard Olivier, Domingos Manuel Assibo en Raimundo Luis Nande   Na 22 jaar se harde werk en toegewyde deursettingsvermoë, het die Makhua Shirima Bybelvertalingsprojek in Noord-Mosambiek by Muapula ‘n hoogtepunt bereik toe die volledige Makhua Bybel die naweek van 9 tot 10 Oktober […]

Ds Stephen Pedro (in die middel voor) saam met die VGK Colesbergringslede tydens die werkswinkel   Gedurende die naweek van 17 tot 19 September was ds Stephen Pedro, PSD (Predikant in Sinodale Diens) Gemeentegetuienis op besoek aan Britstown waar hy onder andere ‘n werkswinkel vir die Ring van Colesberg aangebied het waar 25 afgevaardiges van […]

‘n Lugfoto van die Papenkuilslvleiland by Worcester geneem deur Rudolph Scharneck.   Sondag 26 September is dit Wêreld Rivieredag. Een van die bekendste riviere in ons sinodale gebied is die Breederivier. Rudolph Scharneck van die Groenspan het ‘n lidmaat in sy gemeente wat baie betrokke is by die bewaring van die Breederivier en vas glo […]

Foto: Daniël de Wet (Getuienisaksie), Chrispin Banda, Arnold Saka (skriba), Biswick Nkhoma (moderator), Edward Tembo en Vasco Kachipapa (algemene sekretaris)   In Julie 2007 het ‘n roomkleurige 1994-model Land Rover die vlaktes hier oor Suid-Afrika aangepak na Zimbabwe, Mosambiek en Malawi. Die insittendes was die bestuurder van Getuienisaksie se vennootskappe met ons susterskerke in Afrika, […]

Wêreld Motorvrye Dag wat op 22 September gevier word, moedig ons aan om ons motors minder te gebruik. Dit hou baie voordele in, soos dat die lug minder besoedel word en dat ons kan stap en fietsry in ‘n gesonder omgewing.  Waarom is dit so belangrik en watter wenke kan jy volg om jou motor […]